Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Chanette Paul

@ Sunday Times Books LIVE

About Chanette Paul

Ewebeeld is Chanette Paul se veertigste boek. Paul is geliefd onder lesers met haar twee reekse: Die sewe historiese romans, genaamd die Davelvroue, en die vyf spanningsromans, wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand-reeks.

Ná die Gys Niemand-reeks volg die Maanschijnbaai-tweeluik wat saam ’n humoristiese familiedrama vorm oor die vier Calitz-vroue van verskillende ouderdomme, en in verskillende lewensfases, wat moet saamstaan teen die samelewing. Die eerste boek in die tweeluik, Jo & Sue, word deur lesers aangewys as LAPA se 2012 Lekkerlit-boek van die jaar. In 2013 verower Siende blind ook die Lekkerlit-prys.

In haar jonger dae het Chanette ook ’n Perskorprys gewen. Sy was al twee maal ’n finalis vir die ATKV-Prosaprys en eenmaal ’n finalis vir ’n ATKV-Woordveertjie in die spanningskategorie. Besoek gerus haar webwerf en gesels met haar op haar blog.

Foto te danke aan Times LIVE

 

Please register or log in to comment