Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Chanette Paul

@ Sunday Times Books LIVE

Willie Burger resenseer die Maanschijnbaai-tweeluik in Vrouekeur

Maanschijnbaai: Nan & Jeannie Maanschijnbaai: Jo en SueDis so lekker wanneer mens sien ’n resensent weet hoe om jou boek te benader!

Dankie, Willie Burger!

 

Boekbesonderhede

Wanneer navorsing jou meer leer as elf jaar op universiteit

 
Navorsing is ʼn wonderlike ding. Ek dink ek het meer geleer uit navorsing wat ek vir my boeke doen as in die elf jaar wat ek aan universiteite gestudeer het.

Op universiteit leer mens baie oor ʼn bietjie. In my navorsing leer ek bietjie, of net genoeg, oor baie.

My nuwe manuskrip se werkstitel is Duiwelsvurk. Ek het dit gekies voor ek besef het daar het pas ʼn boek uitgekom met die titel Duiwelsklip. Ek en my uitgewer sal maar moet koppe bymekaar sit en besluit of daar moontlik verwarring sal wees as ek hou by Duiwelsvurk. Ek hoop egter ek kan, want daar was selde ʼn meer gepaste titel vir ʼn storie wat ek nou nog probeer ontsyfer.

Dit het ek besef toe ek begin navorsing doen het oor duiwelsvurke en by die blivet uitgekom het.

Boheem en Dryfhout nou as e-boeke beskikbaar

BoheemDryfhout

 
Twee van die spanningsromans in die Gys Niemand-reeks, Boheem en Dryfhout, is nou as e-boeke beskikbaar!

Boekbesonderhede

Reeks historiese liefdesromans oor Davel-vroue nou as e-boeke beskikbaar

Die Daveltjies betree nou ook die 21e eeu!

Vier van die Daveltjies is tot dusver beskikbaar as e-boeke. Kliek op die voorblaaie om die e-boeke op Kalahari.com te vind:

AnnabellaIsabelleMarynFleur

Boekbesonderhede

Gesprek oor Maanschijnbaai: Jo & Sue Vrydag by Alkantrant-biblioteek

Ek gesels Vrydag 21 September om 9:30 by Alkantrant-biblioteek in Pretoria oor die Maanchijnbaai-tweeluik, Jo & Sue en Nan & Jeannie. Kom luister en geniet ‘n koppie koffie en verversings!

Boekbesonderhede

Gesprek oor Maanschijnbaai: Jo & Sue vir Graffiti Boek & Koek se vyfde bestaansjaar

Graffiti Boeke se Boek & Koek-kuiers word vyf jaar oud en ek is genooi om met Sophia Kapp oor my Maanchijnbaai-tweeluik, Jo & Sue en Nan & Jeannie, in gesprek te tree.

Sien julle daar!

Uitnodiging - Boek & Koek met Chanette Paul

Boekbesonderhede

Bestel die tweede Maanschijnbaai-boek, Nan & Jeannie, vooruit

Nan & Jeannie, die tweede boek wat die Maanschijnbaai-tweeluik afsluit, kan nou reeds vooruitbestel word by: Nan & Jeannie by Graffiti

Oor die boek

Om Hannetjie se nakomeling te wees, is ook nie vir sissies nie.

Dit was ʼn bose dag toe die vier Calitz-slette Maanschijnbaai in ʼn pienk Cadillac binnegery en die kasarm in ʼn stuk kitsch begin omskep het.

Almal weet teen die tyd hulle is slette, maar nou is daar selfs sprake hulle kan toor. Kyk hoe het Sue vir arme Zach betower, en Jo vir Saul. Ook die geliefde dominee Gideon het handomkeer ʼn ander mens geword. Het dit iets te doen met Nan se magte wat sy moontlik by haar pa geërf het? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op vlug geslaan? En nou wil Jeannie nog boonop ʼn restaurant oopmaak en toorkos bedien. So skinder die M-baaiers oor Casper se telge.

’n Doolhof van emosies met die skryf van Labirint

 
Gisteraand so halfses se kant het ek Labirint se finale manuskrip na my uitgewer gestuur. Nou volg taalversorging en dan kry ek dit weer terug om die bladproewe te lees. Daarna gaan dit drukkers toe en in Oktober, as alles goedgaan, kom die boek op die rak.

In effek beteken dit ek het nadese bitter min insette om te lewer. My werk is klaar. Die verligting is groot, maar gemeng met ʼn bietjie hartseer omdat ek van my karakters moet afskeid neem. Dit voel ook ‘n bietjie asof ek dalk by tye te naby aan die son gevlieg en net-net aan Icarus se lot ontkom het.

Met ʼn glas appelkoospienk vonkelwyn sit ek toe gisteraand voor die kaggel en dink aan die koue greep waarin die land verkeer. Aan sneeu wat feitlik dwarsoor ʼn land val wat bekend is vir relatief sneeulose weer. Maar ek dink ook aan my karakters en aan die skryfproses.

Omdat ek gewoond is om gedagtes op papier te sit, krabbel ek toe ʼn paar neer en dié ontaard toe in ʼn lys van emosies waardeur ek gedurende die skryf van Labirint en ook meeste van my vorige boeke gegaan het. En dit laat my toe weer dink aan waar hierdie storie wat ek nou in die hande van ander oorgegee het, eintlik begin het.

30 Maart 2012 het ek amptelik aan die manuskrip begin skryf. Nie-amptelik was daar reeds so 15 000 woorde wat al in 2000 geskryf is. Ek sou ʼn verhaal getitel Labirint skryf vir my MA in Skeppende Skryfwerk. My navorsing was reeds gedoen, maar dit en hierdie 15 000 woorde het gesneuwel toe ek op pad van die noorde af na my studieleier, prof. Etienne van Heerden van UK, by Nieu-Bethesda aangedoen en deur Helen Martins se kuns oorrompel is. Ek het uiteindelik Leila word lig vir my M gedoen wat gedeeltelik in Nieu-Bethesda afspeel.