Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Chanette Paul

@ Sunday Times Books LIVE

’n Doolhof van emosies met die skryf van Labirint

 
Gisteraand so halfses se kant het ek Labirint se finale manuskrip na my uitgewer gestuur. Nou volg taalversorging en dan kry ek dit weer terug om die bladproewe te lees. Daarna gaan dit drukkers toe en in Oktober, as alles goedgaan, kom die boek op die rak.

In effek beteken dit ek het nadese bitter min insette om te lewer. My werk is klaar. Die verligting is groot, maar gemeng met ʼn bietjie hartseer omdat ek van my karakters moet afskeid neem. Dit voel ook ‘n bietjie asof ek dalk by tye te naby aan die son gevlieg en net-net aan Icarus se lot ontkom het.

Met ʼn glas appelkoospienk vonkelwyn sit ek toe gisteraand voor die kaggel en dink aan die koue greep waarin die land verkeer. Aan sneeu wat feitlik dwarsoor ʼn land val wat bekend is vir relatief sneeulose weer. Maar ek dink ook aan my karakters en aan die skryfproses.

Omdat ek gewoond is om gedagtes op papier te sit, krabbel ek toe ʼn paar neer en dié ontaard toe in ʼn lys van emosies waardeur ek gedurende die skryf van Labirint en ook meeste van my vorige boeke gegaan het. En dit laat my toe weer dink aan waar hierdie storie wat ek nou in die hande van ander oorgegee het, eintlik begin het.

30 Maart 2012 het ek amptelik aan die manuskrip begin skryf. Nie-amptelik was daar reeds so 15 000 woorde wat al in 2000 geskryf is. Ek sou ʼn verhaal getitel Labirint skryf vir my MA in Skeppende Skryfwerk. My navorsing was reeds gedoen, maar dit en hierdie 15 000 woorde het gesneuwel toe ek op pad van die noorde af na my studieleier, prof. Etienne van Heerden van UK, by Nieu-Bethesda aangedoen en deur Helen Martins se kuns oorrompel is. Ek het uiteindelik Leila word lig vir my M gedoen wat gedeeltelik in Nieu-Bethesda afspeel.

 

Please register or log in to comment